

Sat, 29 Aug
|Isithatha Theatre
Duiwelsbrood Deur Annelie Botes | August 29, 2026 | 15h00
Annelie Botes se Duiwelsbrood is ’n eerlike en aangrypende verhaal oor verslawing, verlies en genesing. Deur Hester Verster se reis ontdek die leser die pyn van menswees, maar ook die krag van omgee en hoop.
Time & Location
29 Aug 2026, 15:00 – 16:20
Isithatha Theatre, 12 9th Ave, Walmer, Gqeberha, 6070, South Africa
Guests
About the event
Annelie Botes word beskryf as ‘onverbiddelik eerlik met opregte menslikheid.’ Dit is wat ons vind in DUIWELSBROOD, ‘n ope boek oor tekortkominge en verslawing.
Met Hester Verster, ‘n Wiskunde onderwyseres, se eerste besoek aan ’n dobbelhuis word sy vasgevang in die kloue van die DREAM PALACE. Sy het werklik alles gehad, maar deur haar swakheid het sy haarself en haar familie totaal vernietig. Die verslawing verander haar in ’n leuenaar wat alles begin verkoop. Haar man se lewe was hel tot op ’n dag wat hy net nie meer kon nie, en hy haar wegjaag.
Sy het haar eerste nag op straat deurgebring en die volgende oggend beland by Miss Plessis se ‘boarding house in Kareepark’.
Hier ontdek sy dat “mense mekaar regop hou”. Miss Plessis se ‘omgee’ was Hester se genesing.
Duiwelsbrood is werklik ‘n insig in die lewe , die liefde en pyn van die skepsel genaamd mens.…

Tickets
R 150,00